Man dood op snelweg
“Sy motor het langs die pad gaan staan en hy was op pad om petrol te kry toe ’n bakkie hom tref.”

’n Man is dood toe ’n voertuig hom Sondagaand op die N1 snelweg in die noorde van Pretoria getref het.
Nooddienste is omstreeks 19:45 ontbied na die toneel op die N1-suid net voor die Stormvoël-afrit.
“Dit lyk of die man se motor langs die pad gaan staan het sonder petrol,” sê Villieria-polisiewoordvoerder Kaptein Koba Brits.
Sy sê hy wou vermoedelik die snelweg te voet oorsteek om by ’n vulstasie uit te kom toe hy getref is.
“Die betrokke voertuig was ’n bakkie, maar die registrasienommer en fabrikaat is onbekend.”
’n Saak van strafbare manslag word ondersoek en Brits vra dat moontlike ooggetuies na vore moet kom met inligting.
Enigiemand met inligting oor die saak kan die Villieria-polisie skakel by 012-403-8623/8600.
Lees ook:
Two killed when bakkie overturns
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
