Jong held begrawe
Vriende en familie het hom met swaar harte gegroet.
‘n Jong man van die Moot is Donderdag begrawe nadat hy verlede week in ’n heldedaad gesterf het.
Reinhard Louw se roudiens is in Gereformeerde gemeente Totiusdal in Waverley gehou, Hy is vooraf in die Heatherdale-begraafplaas in Pretoria-Noord begrawe, waar ‘n handjievol vriende en familie hom met swaar harte gegroet het.
Louw is verlede Vrydag dood toe hy die eienaar van ‘n gastehuis in Boksburg van ’n groep gewapende kapers gered het. Hy het die afgelope drie jaar in Nita Pienaar se gastehuis gewoon.
Die kapers het Pienaar in haar oprit konfronteer. Louw was tuis en het gesien wat gebeur.
Louw het in sy eie voertuig gespring om haar te help en opsetlik teen die kapers vasgery om hulle van Pienaar weg te keer. Een van die kapers het Louw deur sy motor se voorruit geskiet.
Louw is op die toneel dood. Die kapers het daarop met leë hande gevlug.
Pienaar is lig beseer toe Louw se voertuig haar na die skoot getref het en sterk aan in die hospitaal.
“As dit nie vir Louw was nie, was ek dood,” sê sy.
Polisiewoordvoerder Kaptein Juanita Coetzer sê die polisie ondersoek ‘n motorkaping en ‘n moord.
“Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar ons het goeie leidrade wat opgevolg word.”
Lees ook:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
