CrimeLocal newsNews

Akasia-onderhoof sterf na maande in hospitaal

“Ons was baie lief vir oom Johan, hy het soveel beteken in soveel mense se lewens…”

Nuus van Akasia-onderhoof, Johan du Toit, se dood was Dinsdagoggend ’n groot skok vir vriende en familie.

Sy vrou Retha sê hy is ongeveer 05:30 vanoggend oorlede, nadat sy toestand gisteraand versleg het. Sy was langs sy bed toe hy heengegaan het.

Johan (58) is vir twee maande in Eugene Marais hospitaal onder verdowing gehou nadat hy nege keer deur inbrekers in sy Akasia-huis geskiet is.

Hy het vroeër die maand uit sy verdowing ontwaak.

In daardie stadium het sy vrou gesê: “Hy sal weer moet leer loop, praat, ens.”

Vriende het Dinsdagoggend Johan se heengaan met Rekord gedeel.

“So hartseer. Na al die weke. Maar nou moet julle berus daarby. Dit was nie in die mens se hande nie, maar die Here wat beskik,” skryf Christien Hamman Retief‎ op Facebook.

Nog boodskappe van medelye en gebede het op sosiale media ingestroom:

Johan is op 11 Junie nege keer geskiet toe hy inbrekers in sy huis betrap het.

“Agt skote is deur sy lyf en een koeël is in die hospitaal verwyder,” het sy vrou vroeër vertel toe sy die aanval met Rekord gedeel het.

Haar man het vroeg die Saterdagoggend ’n onbekende aantal inbrekers in hul huis betrap.

Retha en haar seun, De Villiers, was tydens die skietery op die boonste vloer.

“My man het vir ons geskree: ‘Moenie afkom nie! Bly weg! Hulle is baie!’”

Retha onthou hoe ’n verdagte bo-oor haar man gestaan en skiet het, terwyl Johan op die grond gelê het.

De Villiers het met ’n wasgoedmandjie op die inbreker afgestorm om sy pa te probeer help.

Die verdagtes het gevlug en Johan is na die Eugene Marais hospitaal gehaas.

De Villiers en Johan Du Toit. De Villiers her vroeër die foto van hom en sy pa op Facebook gedeel. Foto: Facebook
De Villiers en Johan Du Toit. De Villiers her vroeër die foto van hom en sy pa op Facebook gedeel. Foto: Facebook

Lees ook:

Onderhoof nege keer geskiet

Onderhoof veg teen inbrekers – veg nou om lewe

Akasia-onderhoof steeds kritiek, maar stabiel

Akasia-onderhoof wakker

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button