CrimeLocal newsNews

Centurion-inbrekers gevang

“Een van die verdagtes is in Cradoclaan gevang en die ander ’n blok verder opgespoor.”

Twee vermeende huisinbrekers is Vrydagmiddag in Centurion aangekeer.

Polisie, sekuriteit en gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) het saamgewerk om die twee vas te trek.

Ondervoorsitter van Lyttelton-GPF sektor 2, Loot van Dyk, sê die huisinbraak is omstreeks 13:15 aangemeld.

Na sekuriteit en GPF ontbied is na die toneel, het die verdagtes probeer vlug.

“Een van die verdagtes is in Cradoclaan gevang en die ander ’n blok verder,” vertel Van Dyk.

Orange Fox Sekuriteit, bygestaan deur Brinant Sekuriteit and Monitornet het die tweede verdagte aangekeer.

“Daar is twee gesteelde skootrekenaars in die verdagtes se besit gevind. Lyttelton-polisie was op die toneel om die twee in hegtenis te neem.”

Die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Foto: Orange Fox Sekuriteit - Facebook
Foto: Orange Fox Sekuriteit – Facebook

 

 

Lees ook:

Three dead and several injured on N14

Three killed and two critical in head-on collision

 

Akasia-onderhoof sterf na maande in hospitaal

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button