VIDEO: Vrou gaps handsak by eetplek
Die vrou het vinnig die handsak gegryp en die beursie daarin uitgehaal. Sien video hier:
’n Slagoffer van diefstal het onlangs met Rekord ’n video-opname gedeel wat wys hoe ’n vrou haar handsak by ’n eetplek steel.
Azeeza Rangunwala sê die diefstal het verlede week Woensdag by ’n restaurant in Brooklyn gebeur.
“Ek en ’n metgesel was by Crawdaddy’s toe die vrou ongesiens verby ons tafel loop en my handsak vat, wat ek oor my stoel se rugleuning gehang het.”
Die video-opname van ’n veiligheidskamera, wys hoe die effe stewige verdagte Rangunwala se handsak opmerk en nader aan die tafel beweeg.
Sy neem dan ongesiens die handsak en beweeg na ’n ander tafel waar sy die handsak vir ’n beursie daarin deursoek.
“Sy het die handsak gelos en is met my beursie weg. Ek het sowat R300 kontant daarin gehad asook ’n paar kaarte,” sê Rangunwala.
Sien video:
Rangunwala se metgesel het tydens die diefstal foto’s van Rangunwala op sy selfoon geneem.
“Dit was eers na die tyd dat ons die vrou in die agtergrond opgemerk het.”
Een van die bestuurders by Crawdaddy’s Brooklyn, Michael Reid sê die diefstal was onverwags.
“Nie eens die kelners kon dit sien of verhoed dat dit gebeur nie,” sê hy.
“Ons gaan egter nou slegs mense by een ingang van die restaurant toelaat om beter te kontroleer wie in en uit beweeg.”
Rangunwala het dié week ’n klag van diefstal by die Brooklyn-polisiekantoor aanhangig gemaak.
Lees ook:
Huldeblyke aan onderhoof, man en pa
UPDATE: No injuries after Waltloo-explosion
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Rekord Oos
Rekord Noord
Rekord Centurion
Rekord Moot
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.




