CrimeLocal newsNews

Man in Mooikloof doodgeskiet

Dit het gebeur nadat hy sy voordeur vir ‘n vreemdeling oopgemaak het.

‘n Man is hierdie week in die vroeë oggendure in Mooikloof in die ooste van Pretoria doodgeskiet.

Die eienaar van die kleinhoewe waar dit gebeur het, Robbie de Jongh, sê die slagoffer was een van sy getroue werkers.

“Hy werk al van 1969 af vir my en hy bly al vir 15 jaar lank hier.”

De Jongh sê twee mans het omstreeks 03:00 aan die voordeur van een van sy werkers geklop,  maar geen reaksie gekry nie.

“Toe hulle aan nog ‘n werker se deur klop, het hy oopgemaak. Hulle hom begin vloek en van sy klere en wasgoed gevat,” sê De Jongh.

“Hulle het hom in die hart geskiet voordat hulle gevlug het.”

Die werker is op die toneel dood.

De Jongh sê die aanvallers het van ‘n onwettige smokkelhuis (shebeen) af gekom.

Sy buurman het verlede week ‘n soortgelyke skietery beleef.

“Twee mans het my buurman in sy motorhuis aangeval. ‘n Skoot is afgevuur, maar die koeël het deur die dak gevlieg.”

Die polisie kon nie die skietery dadelik bevestig nie.

 

Lees ook:

Inwoner moeg vir Tshwane-metro

Diefstal van hond het vrou bekommerd

Sluwe vrou bedrieg nog inwoners

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button