Local newsNews

O koei! Waar’s my vee?

"Veeboere moet die nodige veiligheidsmaatreëls toepas om hul diere veilig teen diewe te hou."

Daar is ’n toename in veediefstal in die noorde van Pretoria sê die polisie.

LEES OOK: Veediefstal articles

Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk sê klagtes van veediefstal, veral op kleinhoewes, is ’n probleem in die Sinoville-polisiëringsgebied.

“Die polisie wil graag eienaars van vee (beeste, skape , bokke, varke en volstruise) se aandag daarop vestig dat volgens wetgewing – die wet op identifikasie van diere (Wet 6 van 2002) – verplig is om ’n geregistreerde brandmerk te bekom van die department landbou,” sê Van Dyk.

“Hulle moet vee volgens die voorgeskrewe metode brandmerk of tatoeëer.”

Van Dyk sê adjudant-offisier Christo Groenewald kan gedurende kantoorure by die Sinoville-polisiekantoor gekontak word vir hulp in verband met hoe om vee te merk.

LEES OOK: No arrest for livestock theft and slaughter

Hy sê veeboere moet ook die nodige veiligheidsmaatreëls toepas om hul diere veilig teen diewe te hou.

“Sorg dat die draadheining om die kamp in ’n goeie toestand is en gaan die drade elke dag na. Tel die vee daagliks en hou ’n veeregister op datum. Sorg dat alle hekke toe en gesluit is met ’n sterk slot,” maan Van Dyk.

“Handhaaf ’n goeie verhouding met jou bure. As vee wegraak, kontak dadelik die polisie en vermy om oor die spore te loop of bewysstukke wat in ’n polisieondersoek kan help te belemmer.”

LEES OOK: WARNING GRAPHIC IMAGE: Livestock slaughtered

Hy vra ook dat inwoners by die Sinoville GPF aansluit en so polisie help om misdaad in die omgewing hok te slaan.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button