GalleriesLocal newsNews

OPVOLG: Huis in die weste amper weer leefbaar

“Die dag van die ontplof­fing het ek die gassilinder op die stoof vergeet en toe die elektrisiteit weer aankom was die stoof nog steeds aan.”

Herstelwerk vorder goed aan ’n huis wat verlede jaar in die weste van Pretoria ontplof het.

“Die plafon en dak is al op, die vloer is al gelyk gemaak, die bad is al gelê en die kragdrade is gelê,” vertel die inwoners.

Net skerwe het op 2 November van Tiago Freitas en Sintiché Freshwater se huis in Dassie-straat oorgebly nadat ’n gassilinder ontplof het.

Freshwater het hierdie week aan Rekord vertel dat die amper weer leefbaar is.

Sy sê Freitas se seun Alex ten tye van die ontploffing besig was met sy matriek-eindeksamen.

Ten spyte van die ontwrigting wat hy weens die ontploffing moes beleef, het hy sy finale matriek-eksamen met ’n B-gemiddeld geslaag.

“Hy het ook universiteitstoelating gekry,” sê sy.

LEES OOK: Bejaarde egpaar in huis vermoor

Die familie bly tydelik in ’n klein woonstel todat die huis volledig herstel is.

Weens konflik in die konflik moet Freshwater nou ’n ander blyplek kry.

Tiago het verlede jaar geskok vertel hoe sy bure hom omstreeks 10:00 gebel het om te laat weet dat hul huis ontplof het.

Hy het toe verduidelik dat die gesin die voorafgaande twee weke sonder krag moes klaarkom.

“Die dag van die ontplof­fing het ek die gassilinder op die stoof vergeet en toe die elektrisiteit weer aankom was die stoof nog steeds aan,” het Tiago gesê.

Freshwater sê dat die ontploffing niemand se skuld was nie.

“Ek was besig met kos op die stoof toe ons krag uitgeskop het. Ek het so groot geskrik dat ek vergeet het om die stoof weer af te sit,” vertel Freshwater.

LEES OOK: Rower byt Pta vrou

“Tussendeur die gesukkel om die krag weer aan te kry, het Tiago die gassilinder op die stoof neergesit. Alex het die gassilinder twee dae voor die tyd gaan volmaak en weer terug op die stoof neergesit.”

“Tydens tye in nood het ’n mens geen beheer oor wat hy of sy doen nie. Niemand kan blameer word vir die ontploffing nie.”

Freshwater sê sy is dankbaar dat niemand tuis ten tye van die ontploffing nie.

Die Tshwane-nooddienste het die vlamme geblus en niks buiten die stoof en die dak het gebrand nie.

’n Brandweerman het verlede jaar gesê dat hy geskok was dat die huis heeltemal in duie gestort het.

Die brandweerman is ook ’n inwoner in die gebied.

“Ek het ’n groot ontploffing gehoor. Ek het dadelik by my huis uitgegaan om te kyk wat gebeur het,” het hy gesê.

“’n Paar minute later is ek na die toneel ontbied en ek was geskok om die toestand van die huis te bekyk.”

Die Tshwane-nooddienste raai inwoners aan om seker moet maak dat al hul toestelle afgeskakel is wanneer hulle deur ’n krag-onderbreking getref word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button