NewsSchools

Sewe sterre by Gauteng-kampioenskap

Boeloe Scott het eerste plekke behaal in diskus, spiesgooi en gewigstoot.

Laerskool Saamspan spog hierdie jaar met sewe atlete wat Vrydag 3 Maart by die Gauteng kampioenskappe gaan deelneem. Hulle het puik presteer by die onlangse Distrik-atletiekbyeenkoms op die Pilditch-stadion.

Hierdie atlete het die volgende plekke behaal by distrik byeenkoms: Kyla Janse van Vuuren het eerste plekke behaal in hoogspring, 100m en 80m. Tiaan Janse van Rensburg het tweede plekke behaal I 75m hekkies en 1200m.

Tian Stoltz het eerste plekke behaal in gewigstoot en diskus en tweede plek in spiesgooi. Izanne Prinsloo het eerste plek behaal in 1500m en tweede plek in 800m. Tyron Janse van Noordwyk het tweede plek behaal in gewigstoot.

Boeloe Scott het eerste plekke behaal in diskus, spiesgooi en gewigstoot. Runaldo Schuster het eerste plek behaal in verspring.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button