Local newsNews

Was sy op die brug?

“Ek voel soos ’n voël wat op ’n tak sit – niks gebeur nie.”

Nuwe feite het aan die lig gekom oor die bewegings van ’n Pretoriase vloedslagoffer kort voordat sy verdwyn het.

Madelein Murray (41) se ma Francis Venter het hierdie week gepraat oor wat gebeur het. Sy sê onder meer dat haar dogter vooraf vir haar eie lewe gevrees het.

Madelein en haar seun Hanco (21) het op 11 November oor die laagwaterbrug oor die Apiesrivier gery toe hul voertuig in ’n kitsvloed meegesleur is.

Hanco is lewend gekry en soekspanne het die wrak van die motor in die rivier gevind.

LEES OOK: Have you seen this woman?

Madelein het voor haar verdwyning in Capital Park in die Moot gewoon.

Venter sê sy soek steeds antwoorde.

“Ek voel soos ’n voël wat op ’n tak sit – niks gebeur nie.”

Venter sê sy glo nie dat haar dogter in die voertuig was toe dit van die brug af gespoel is nie. Volgens die ma het Madelein omstreeks 16:00 daardie Vrydag van die haarkapper af gekom.

“Ek was daar toe Madelein tuiskom. Daar was ’n rusie tussen Madelein, Hanco en haar kêrel en ek het vir Madelein gesê ons moet ry,” vertel Venter.

Hanco is saam met hulle. Volgens Venter is die drie na ’n bekende kroeg in die weste van Pretoria.

“Ek het aan Madelein gesê dat ek bang is om saam met Hanco te ry, omdat hy roekeloos bestuur,” sê Venter.

“Ek het terloops vriende by die kroeg raakgeloop wat gesê het dat hulle my sal huistoe neem.”

LEES OOK: Still no sign of flash flood victim

’n Ruk later het Madelein haar kom groet en is saam met Hanco huis toe.

“Ek het haar gevra om ’n SMS te stuur wanneer sy tuiskom,” sê Venter.

“Dit was die laaste keer dat ek my dogter gesien het.”

Volgens Venter het Madelein al voorheen vir haar gesê dat sy vir haar lewe vrees.

Pogings om Hanco in die hande te kry vir sy weergawe van gebeure het tot dusver misluk. Kommentaar van Wonderboompoort se polisie kon ook nie verkry word nie.

Nuwe planne deur ’n vrywillige organisasie South African Search and Rescue om na Madelein te soek, moes voorlopig weens die reën gestaak word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button