Local newsNews

Familie is uiteindelik gevestig na woeste ontploffing in weste

“Ons het alles gekry wat nodig was en dit gaan nou baie goed.”

Die Freitas-familie is uiteindelik gevestig nadat hulle huis sowat ses maande gelede in die weste van Pretoria ontplof het.

Die familie het onlangs terug in hulle huis in getrek.

Nadat Rekord voorheen berig het dat die familie donasies kort sê ’n familielid, Alex Freitas, dat dit nou uiteindelik goed gaan.

“Ons het alles gekry wat nodig was,” sê hy.

Hy sê ook dat hy nou verder studeer nadat hy ’n beurs gekry het.

Alex se ma, Beatriz het almal bedank vir hulle hulp.

LEES OOK: OPVOLG: Huis in skerwe amper weer leefbaar

“Ons is baie dankbaar vir almal se hulp. Sonder hulle ondersteuning sou ons dit nie gemaak het nie,” sê Beatriz.

DA-raadslid Elma Nel het in ’n vorige berig haar opgewondenheid oor die herstel van die huis gedeel.

Sy het verlede jaar die gesin ondersteun na die ontploffing.

Sy en pastoor Andries Nel van die Koinonia Christen kerk het dadelik ’n geld-insameling vir die familie begin.

“Ek sal nooit daardie huis vergeet nie, ek het vreeslik gehuil,” het sy gesê.

Tiago Freitas en Sintiché Freshwater het 2 November op Tiago se verpletterde huis in Dassiestraat afgekom.

Freshwater het vroeër vertel dat Alex, Tiago se seun, ten tye van die ontploffing besig was met sy matriek eindeksamen.

LEES OOK: Brandweerman herstel ná ongeluk

Ten spyte van die ontwrigting wat hy weens die ontploffing moes beleef, het hy sy finale matriek-eksamen geslaag.

Tiago het vertel dat sy bure hom omstreeks 10:00 gebel het om te laat weet dat die huis ontplof het.

Volgens hom het hulle vir amper twee weke voor die ongeluk sonder krag gesit.

“Ek het die gassilinder op die stoof vergeet en toe die elektrisiteit weer aankom was die stoof steeds aan,” het Tiago gesê.

Freshwater sê sy is dankbaar dat niemand tuis was ten tye van die ontploffing nie.

Die Tshwane-nooddienste het die vlamme geblus en niks buiten die stoof en die dak het gebrand nie.

’n Brandweerman het verlede jaar gesê dat hy geskok was dat die huis heeltemal in duie gestort het.

Die brandweerman is ook ’n inwoner in die gebied.

Die huis na die ontploffing. Foto: Kayla van Petegem
Die huis na die ontploffing. Foto: Kayla van Petegem
Die huis na die ontploffing. Foto: Kayla van Petegem
Die huis is weer leefbaar. Foto: Verskaf
Die huis is weer leefbaar. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button