NewsSchools

Klofies presteer by internasionale ekspo

Vier Hoërskool Waterkloof leerders het uitstekend presteer in die Internasionale Science Fair (ISF) in Boksburg.

Vier leerders van Hoërskool Waterkloof het aan die Internasionale Science Fair (ISF) in Boksburg deelgeneem en uitstekend presteer.

Nadia Schmidt het ’n silwermedalje verwerf en is as wenner van die Wiskunde-kategorie aangewys. Haar taak het gehandel oor die “Mathematical modelling of the surface tension of oil mixtures”. Met dié puik prestasie is sy met R1 000 as kategoriewenner beloon.

Louis Delport en Dylan Bailie het ’n goue medalje vir hul projek “GrottoBot – Going deeper” verwerf. Hulle is aangewys as wenners van die tegnologie en innovasie-kategorie en elk het R1 500 ontvang.

Edrich Engelbrecht het ’n goue medalje vir sy projek “Robotic Walking Aid for the Visually Impaired” verwerf en het R500 prysgeld ontvang.

Hy het ook die Electrical and Electronic Engineering-kategorie gewen en het ’n verdere R1 000 daarvoor ontvang. Hy het ook ’n iPad van FFS vir sy projek gewen en is aangewys as beste senior projek met die hoogste punte. Vir hierdie besondere prestasie het hy prysgeld ter waarde van R75 000 ontvang.

Ilane du Plessis het deelgeneem aan die African Sustainability Fair in Zimbabwe waar sy ’n goue medalje verwerf het. In die beoordeling van die ekspo het sy ’n video van haar projek, wat oor “Production of toxic byproducts in chlorinated swimming pools” gehandel het, gemaak. Sy was ook genomineer om die 2018 Arizona State University Sustainability Solutions Festival by te woon en het ook ’n boekprys ontvang.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button