’n Droom wat vier jaar gelede begin het, is hierdie jaar bewaarheid.
Hoërskool Garsfontein is met groot trots as die Beste Fietsry-skool van 2017 aangekondig.
Ons wil graag elke Garsie wat deur die jaar aan die SPUR Skole MTB-reeks deelgeneem het, bedank.
’n Besonderse gelukwensing aan die Garsies Nasionale span: julle het julle uitstekend van jul taak gekwyt.
Baie geluk aan Ian Els wat SA-kampioen is in die Junior Seuns Afdeling.
Al die ouers en ondersteuners dankie vir julle besonderse bydrae.
Ons bedank ook die organiseerders en borge – Spur Schools MTB League; Cyclelab; Cyclesure South Africa.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

