CrimeNews

NUUSFLITS: Weste man krities na aanval op kleinhoewe

Die man, in sy 70’s, is met breekyster aangerand.

’n Man van die weste van Pretoria is in ’n kritieke toestand gehospitaliseer nadat hy op sy kleinhoewe aangerand is.

AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê die voorval het Maandagoggend ongeveer 06:50 naby Zandfontein plaasgevind.

LEES OOK: Man sterk by huis aan na blouaap aanval in die weste

Cameron sê die man, in sy sewentigs, is met breekyster aangerand.

“Die man was oppad na sy werkswinkel op sy kleinhoewe toe hy deur twee verdagtes oorval en aangerand is,” sê hy.

Cameron sê die twee misdadigers het met die man se voertuig gevlug, wat later in Cosmo City opgespoor is.

Nooddienste en die polisie is na die toneel ontbied.

“Die man is op die toneel behandel voordat hy na die hospitaal gejaag is,” sê Cameron.

Niemand is sover vir die aanval in hegtenis geneem nie.

Die polisie kon nie teen druktyd vir kommentaar bereik word nie.

LEES OOK: OPVOLG: Wes-hond sterk goed aan na aanval

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button