CrimeNews

Wes-aanval ruk inwoners van die weste

“Dit het gelyk asof hulle hom onophoudelik steek met ’n mes.”

’n Familie van die weste van Pretoria het onlangs hulle traumatiese ervaring gedeel toe hulle ’n aanval aanskou het.

Die familie, wat verkies om anoniem te bly, sê die aanval het reg oorkant hulle huis om ongeveer 01:00 Sondagoggend op die hoek van Moot en Ribbens strate gebeur.

Hulle sê die voorval het voor ’n kerk gebeur.

LEES OOK: Bejaarde Moot-vrou sterf na aanval

“Ons het gelê en slaap toe ons eweskielik iemand hoor skree om hulp,” sê ’n lid van die familie.

“My hare het gerys en ek het dadelik venster toe gehardloop om te sien wat aangaan.”

Die vrou sê sy het gesien hoe twee mans oor ’n lêende persoon staan.

LEES OOK: OPVOLG: Wes-man herstel goed na wrede aanval

“Dit het gelyk asof hulle hom onophoudelik steek met ’n mes,” vertel die vrou.

Die vrou sê sy het kort kort krete om hulp van die slagoffer gehoor.

“Die woorde wat die man geskree het bly die heeltyd in my kop,” sê sy.

LEES OOK: NUUSFLITS: Weste man krities na aanval op kleinhoewe

“Nie lank daarna was daar ’n derde man wat die ander twee gehelp het.”

Die vrou sê ’n geskree van ’n ander inwoner het die misdadigers afgeskrik en hulle het van die toneel gevlug.

“Ek het ook ’n blou kar sien wegjaag en toe ons weer kyk het die slagoffer ook verdwyn,” sê sy.

LEES OOK: OPVOLG: Wes-hond sterk goed aan na aanval 

Die familie sê die Hercules polisie was op die toneel gewees.

Polisiewoordvoerder Kaptein Agnes Huma sê egter geen saak was oopgemaak nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button