CrimeNews

OPVOLG: Eersterust polisie ondersoek nog lyk-saak

Die lyk van Bianca Pringle is op 11 Desember op die hoek van P.S Fourieweg en Hans Coverdalestraat gekry.

Die polisie ondersoek steeds die saak van ’n 34-jarige vrou wat verlede jaar dood in Eersterust gekry is.

Die lyk van Bianca Pringle is op 11 Desember op die hoek van PS Fourieweg en Hans Coverdalestraat gekry.

Polisiewoordvoerder Sersant Sam Shibambo sê nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Hy sê die ondersoekbeampte wag nog steeds vir die uitslae van die nadoodse ondersoek.

“Ons polisiebeamptes doen hulle bes om die dood van Bianca op te los en as sy vermoor is, die misdadigers te vang,” sê hy.

Shibambo sê meer inligting oor haar dood sal gekommunikeer word soos wat dit ontvang word.

Shibambo het verlede jaar gesê dat ’n man by die polisiekantoor aangekom het en die polisie vertel het van die vrou wat bewusteloos op die sypaadjie lê.

LEES OOK: OPVOLG: Eersterust familie praat nadat lyk gevind is

Shibambo het gesê sy was reeds dood ten tye van die polisie se aankoms.

Shibambo het gesê ’n dossier is geopen en die polisie stel ondersoek in.

Bianca se broer, Greg het voorheen gesê die dood van Bianca was ’n groot skok vir die familie.

“Toe ons daardie oggend ’n klop aan die deur gekry, het ons nie verwag dat dit die nuus was wat ons sou kry nie.”

Greg sê sy suster was dikwels in die omgewing waar haar lyk gekry is.

“Ons gaan haar verskriklik mis.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button