CrimeNews

INFOGRAFIKA: Kommer oor diefstal by noord-winkelsentrums

“Polisie kan nie sake opvolg wat op sosiale media gerapporteer word nie.”

Polisie waarsku weereens teen diefstal uit voertuie in die noorde van Pretoria.

“Dit bly ’n probleem, veral by winkelsentrums en skole in die omgewing,” sê Sinoville-polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk.

Onlangse klagtes oor dié soort diefstal by ’n winkelsentrum in Doornpoort het sosiale media bereik en Facebook-gebruikers aan die gons gehad.

“My man se skootrekenaar is uit sy kattebak gesteel,” vertel Tersia Groenewald.

“Dit moes binne minute gebeur het toe hy geld gaan trek by ’n OTM by die winkelsentrum.”

LEES OOK: INFOGRAFIKA: Waak teen straatverkopers en grypdiewe in die noorde, waarsku polisie

Groenewald sê sy vermoed daar was met die voertuig se afstandbeheertoestel gepeuter.

“Ons is altyd baie versigtig vir ‘car jamming’. Dit kan wees dat my man op daardie oomblik te haastig was en vergeet het om aan die deure te voel of dit gesluit is.”

Groenewald sê: “Die ander ding wat my pla is dat daar karwagte rondgestaan het, maar nadat my man teruggekeer het na sy kar toe, was daar niemand in sig.”

Groenewald sê sy vermoed dat haar man deur die diewe dopgehou is.

“Hoe anders sou hul weet dat daar ’n skootrekenaar in die kattebak is?” vra sy.

Groenewald sê die diefstal is egter nie by die polisie aangemeld nie.

“Ons versekering gaan nie daarvoor betaal nie. Dit is nou ons kopseer om die rekenaar te vervang.”

Van Dyk sê, ongeag van die erns van die misdaad en of ’n saak aangemeld moet word vir versekerings doeleindes, móét mense nogsteeds die misdryf by hul naaste polisiekantoor aanmeld.

“Om misdade soos dié te bekamp, lê die polisie se sukses in die samewerking van die publiek,” sê hy.

LEES OOK: Polisie krap kop oor vreemde vonds van ‘n lyk in Amandasig

“Wanneer sake by die polisie aangemeld word, kan ons ’n tendens bepaal en probleemareas identifiseer waarop ons kan fokus.”

Van Dyk vra ook dat mense nie sosiale media moet gebruik as ’n platform om kriminele klagtes aan te meld nie.

“Ons vra ook weer dat mense moet waaksaam wees teen diefstal van en uit voertuie.”

Sien wenke:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button