CrimeNews

OPVOLG: Moot moorde nogsteeds ondersoek

Die dood van Danie Dreyer en Dianne Rose Ayres het inwoners van die Moot geruk.

Twee inwoners van die Moot se dood, word nogsteeds deur die polisie ondersoek.

Die dood van Danie Dreyer en Dianne Rose Ayres het inwoners van die Moot geruk.

Ayres se lyk is in Desember verlede jaar op die N1-deurpad naby ’n brug in Lynettestraat gekry.

LEES OOK: Vierde verdagte in Dreyer-moordsaak handig homself oor

Dreyer is twee jaar gelede op 28 Maart in sy huis in Villieria vermoor, glo oor ’n geldstryery.

Villieria-polisiewoordvoerder, Kaptein Coba Brits sê die polisie wag nog vir die verslae op die dood van Ayres.

’n Tref-en-trap motoris is vermoedelik te blameer vir haar dood.

Brits sê ’n na-doodse ondersoek dui daarop dat sy dalk raakgery is deur ’n voertuig op die deurpad.

Enige iemand met inligting word gevra om Villieria-polisie dringend te skakel.

Die verhoordatum op Dreyer is uitgestel tot Maart.

Die vier verdagtes in die moord sal op 13 Maart voor die hooggeregshof verskyn.

Die vier is Estelle Reddy, Gerhardus Papenfus, Kevin Johnson en Ruvan Regionald Furst.

LEES OOK: Dreyer moordsaak gaan voort

Oud-polisieman, Dreyer se lyk is op 4 April 2016 by Flowerstraat in ’n mangat gekry.

Estelle Reddy, Dreyer se voormalige vriendin, het haarself kort na sy dood aan die polisie oorgegee.

Brits sê die vier verdagtes, wat reeds in hegtenis geneem is, bly in aanhouding.

Die vier se aansoek om borgtog is in Mei 2016 geweier.

Reddy het speurders na ’n adres in Flowersstraat gelei waar Dreyer se lyk in ’n mangat gelaat is.

Papenfus, Johnson en Furst het na bewering sy lyk daarheen geneem.

Suur is toe glo oor die lyk gegooi in ’n beweerde poging om van bewyse ontslae te raak.

Papenfus is kort nadat Dreyer se lyk gevind is, vasgetrek terwyl Johnson op 6 April daardie jaar in Eersterust in hegtenis geneem is.

Furst het homself op 12 April 2016 aan die polisie oorhandig.

Dreyer se seun het twee jaar gelede aan Rekord vertel dat sy pa vir langer as 20 jaar ’n luitenant-kolonel in die polisie was.

Hy het by die polisie-hoofkantoor gewerk.

Nadat Dreyer die polisie verlaat het, het hy sy pa se onderneming Jakaranda Grafstene gekoop.

Hy het die onderneming vir langer as 20 jaar besit en bedryf.

LEES OOK: Derde verdagte aangekeer in Dreyer-moordsaak

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button