CrimeNews

Hierdie diefstalle neem toe in die Moot

Die diefstal van hekmotors het drasties in die afgelope twee weke toegeneem.

Inwoners van die Moot is hierdie week weer gewaarsku teen toenemende hekmotor- en ander diefstalle in die gebied.

Ancelize van der Kooi van Kilnerpark Sekuriteit sê die diefstal van hekmotors en kabeldiefstal het drasties gestyg in die afgelope twee weke.

Sy sê vyf gevalle van kabeldiefstal is sedert die begin van die maand by hulle aangemeld.

Ses gevalle van hekmotor-diefstal is in dieselfde tydperk gepleeg.

LEES OOK: Pta man in hof vir bedrog en diefstal

Van der Kooi raai inwoners aan om oplettend te wees.

“Wanneer inwoners iemand sien wat vreemd optree, skakel dadelik jou naaste polisiekantoor.

Sy sê inwoners moet die reeksnommers van hul hekmotors neerskryf.

“As ’n hekmotor gesteel word, sal die reeksnommer nuttig wees wanneer die hekmotor weer opgespoor word,” sê sy.

“Só kan ons weer die hekmotor terug by sy eienaar kry.”

Sy raai ook pandjieswinkels aan om versigtig te wees wanneer hulle goedere by iemand aankoop.

“As die persoon verdag optree, lig eerder jou naaste polisie in,” sê sy.

LEES OOK: Diefstal neem toe in die Moot

Van der Kooi sê die motief vir die diefstal van hekmotors is nie duidelik nie.

“Hoewel ’n paar gesteelde hekmotors al hul verskyning gemaak het in pandjiewinkels, kon ons nog nie agterkom hoekom misdadigers juis hekmotors steel nie,” sê sy.

“Dalk is dit vir die koperdraad daarin.”

Van der Kooi sê die diefstal van watermeters het intussen afgeneem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button