CrimeNews

Sinoville hekmotor-diefstal neem toe

“Hekmotors kan gemerk word, sodat die diewe ook nie maklik die motors kan verkoop nie.”

Polisie sê daar was die afgelope weke weer ’n drastiese toename in die diefstal van hekmotors in Sinoville, noord van Pretoria.

“Dié misdaad word nou weer die meeste aangemeld in die Sinoville-polisiëringsgebied,” sê polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk.

LEES OOK: INFOGRAFIKA: Polisie waarsku oor selfmoord toename in noorde van Pretoria

Die diefstal van hekmotors vind gewoonlik plaas in die vroeë oggendure.

Van Dyk sê die soort diefstal kan vermy word, of die diewe se taak vergemoeilik, wanner die hekmotors behoorlik toegeluit word.

“’n Goeie slotmeganisme is wat nodig is,” sê Van Dyk.

“Mense kan ook hul besonderhede graffeer of verf op ’n yster gedeelte of die binnekant van die plastiek omhulsel.”

Van Dyk sê só sal die diewe nie maklik die hekmotor kan verkoop nie.

“Dit sal die polisie ook help om die wettige eienaars op te spoor wanneer ons beslag lê op gesteelde hekmotors.”

Van Dyk vra dat inwoners ook waaksaam bly en verdagte mense in hul omgewing uitwys.

LEES OOK:Sinoville-polisieman red ietermagog, vier vas

“Met die samewerking van ons gemeenskap kan ons dié diefstal hokslaan.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button