CrimeNews

Polisie op uitkyk vir rooi voertuig in weste van Pretoria

’n Hoërskool meisie was byna deur twee mans in só ’n voertuig ontvoer.

Die polisie is op die uitkyk vir ’n rooi Volkswagen Golf in die weste van Pretoria nadat ’n hoërskoolleerder byna deur twee mans in só ’n voertuig ontvoer is.

Die voertuig het skynbaar swart kopbeen-plakkers langs die kant.

Dit volg nadat ooggetuies verlede Donderdag gesien het hoe twee mans die skoolmeisie byna in so ’n motorkar ingedruk het.

As gevolg van die rumoer wat die leerder gemaak het, het hulle haar nie gevat nie en van die toneel gevlug.

LEES OOK: WAARSKUWING GRAFIESE INHOUD: Nóg ’n grusame hond-aanval in die weste

Hercules-polisiewoordvoerder kaptein Bonginkosi Msimango sê die polisie was bewus van dié voertuig.

“Ons is op die uitkyk vir hierdie spesifieke voertuig,” sê hy.

Msimango sê nog niemand is in die verband inhegtenis geneem nie.

GPF-voorsitters sê hulle is ook bewus van die voertuig en is op die uitkyk daarna.

Volgens die organisasie Missing Children raak kinders elke vyf ure weg in Suid-Afrika.

Ongeveer 77 persent van alle vermiste kinders, volgens Missing Children se statistieke, is in die verlede opgespoor.

Dit beteken amper ’n kwart die vermiste kinders word nie gekry nie.

Die organisasie sê kinderhandel is ’n globale probleem wat groot getalle kinders raak.

LEES OOK: NEWSFLASH: Biker injured in collision

Volgens die organisasie word daar met soveel as 1,2 miljoen kinders elke jaar handel gedryf.

“Kinders en hul gesinne is dikwels onbewus van die gevare van mensehandel, en glo dat beter werke en lewens in ander lande lê,” sê hulle.

“Die realiteit is skokkend en onmiskenbaar. Daar is ’n geweldige eis dat kinders verhandel word in gedwonge (goedkoop) arbeid of seksuele uitbuiting.”

Msimango moedig inwoners aan om die polisie te skakel met enige inligting.

Hy vra dat inwoners op die uitkyk moet wees vir hierdie voertuig.

Kaptein Bonginkosi Msimango. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button