CrimeNews

OPVOLG: ‘Vriende’ terug in hof na noord-man se dood

Richard Wood is in November verlede jaar dood nadat hy na bewering deur sy 'vriende' aangerand is.

Twee mans het Woensdag weer in Pretoria-Noord se landdroshof verskyn in verband met die dood van ’n jong inwoner ná ’n aanranding.

Christopher van der Westhuizen en Marchant Bredell word albei van moord aangekla.

LEES OOK: ‘Vriende’ in hof na Pta-Noord seun se moord

Hulle is in Januarie in hegtenis geneem.

Die slagoffer, Richard Wood (26) van Pretoria-Noord, is op 13 November in die Ga-Rankuwa-hospitaal dood nadat hy erge breinskade opgedoen het.

Rekord het vroeër berig dat ’n erg-beseerde Richard op 5 November deur ’n veiligheidswag op ’n sypaadjie in Pretoria-Noord gevind is.

LEES OOK: OPVOLG: ‘Moord’-vriende weer in hof 

Wood se ma Maryna sê sy was geskok nadat twee van Richard se vriende in hegtenis geneem is in verband met sy dood.

Die saak teen Van der Westhuizen en Bredell is uitgestel tot 3 Mei vir verdere ondersoek.

LEES OOK: OPVOLG: Twee van noorde in hof na jong man se dood 

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button