CrimeNews

OPVOLG: Weermaglid weer in hof na skietery

Saak uitgestel weens die afwesigheid van ’n tolk.

’n Weermaglid was Maandag terug in die Streekhof in Pretoria op ’n klag van poging tot moord.

Jacob Marakalla het vlugtig verskyn en die verhoor is uitgestel tot Mei weens die afwesigheid van ’n tolk.

Hy was verlede jaar in Oktober vir die eerste keer in die hof na ’n skietvoorval op 10 Augustus waarin ’n jong vrou ernstig gewond is.

Hy is nooit in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: OPVOLG: Weermaglid binnekort weer in hof oor skietery in die noord

Carine van Staden (28) het vroeër aan Rekord beskryf hoe sy trompop in die bors geskiet is ten aanskoue van haar verloofde Johan Harmse.

Sy en Harmse was op pad na vriende op sy motorfiets in die noorde van Pretoria.

’n Skynbare onderonsie het glo daartoe gelei dat sy aan Marakalla se motorvenster geklop het toe hy by ’n stopstraat stilhou.

Dit het glo tot die beweerde skietery gelei.

Haar pa, Johan, sê na talle operasies om haar beskadigde long te herstel, sterk Van Staden moeilik aan na die skietery.

“Sy gaan nooit weer dieselfde aktiewe mens wees soos voor die skietvoorval nie,” sê Johan.

“Dit verg maar baie moeite en inspanning om sekere take te verrig.”

Johan sê hy is ongelukkig oor wat hy as ’n gesloer bestempel in die saak.

LEES OOK: OPVOLG: Weermaglid in Pta-noord-hof na skietery

“Maande na my dogter geskiet is word die saak net weer uitgestel.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button