
’n Egpaar van die weste van Pretoria was Maandag in die middestad deur vier mans, wat hulself voorgedoen het as straatsmouse wie aartappelskyfies verkoop het, aangeval.
Claremont inwoners Marone Nel en haar man Stephen was Maandag oppad in hul motorkar om ’n bed in die middestad te koop toe ’n “smous” hulle op die hoek van Nelson Mandelaweg en Skinnerstraat met ’n mes aangeval het.
LEES OOK: VIDEO: Wes-inwoners staan saam teen plaasmoorde
“Die sogenaamde ‘smous’ het beweer hy verkoop aartappelskyfies en toe ons weer kyk was daar vier mans aan die bestuurskant,” sê sy.
“Die een man wou die karsleutel uithaal, maar my man het sy hand weggestamp.”
Dit was glo toe hy sy mes uithaal en Stephen herhaaldelik steek.
“Hulle het ook vir ons gesê hulle soek ons selfone en beursies, maar het weggehardloop toe ’n man uit die voertuig agter ons iets vir hulle skree,” sê sy.
Marone sê hulle het nie die saak by die polisie aangemeld nie.
Sy waarsku motoriste om paraat te wees.



Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
