CrimeLocal newsNews

Selfoontoring diefstal misluk in die Moot

Verdagtes het Woensdagaand ’n seintoring in die berg probeer besteel.

Die spoedige optrede van ’n privaatsekuriteitsfirma het op Woensdagaand ’n diefstal by ’n selfoonseintoring in die Moot gefnuik.

Die eienaar van MCS Sekuriteit, Fanie Booysen sê dié seintoring in die berg word gereeld besteel vir toerusting.

“Juis om hierdie rede het ons die toring laat omhein,” sê hy.

“As enige verdagte probeer in kom, gaan daar ’n alarm af wat ons dan direk in kennis stel.”

Booysen sê Woensdagaand was weer so ’n geval gewees, waar verdagtes toegang tot die toring probeer kry het deur die heining te knip.

LEES OOK: Hierdie diefstalle neem toe in die Moot

“Die alarm het dadelik by ons afgegaan en ons het mense uitgestuur om ondersoek in te stel,” sê hy.

“Toe die verdagtes ons mense hoor, het hulle gevlug.”

Nabygeleë inwoners beweer dat hulle geweerskote gehoor het, maar Booysen sê daar was volgens sy kennis geen skote afgevuur nie.

Die polisie kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button