VIDEO: Nuwe musiekvideo vir Burgerd Botha
Kyk hier na Burgerd Botha se nuwe musiekvideo vir "Die Sterre".
Aanhangers kan eenvoudig nie genoeg van Burgerd Botha en sy musiek kry nie. Kyk nou maar na sy debuut solo-album, Hartlagsiel.
Vat nou maar sy jonste enkelsnitvrystelling, “Die Sterre”, geskryf en vervaardig deur Stephantasties.
“Dit gaan oor daardie fase in ’n verhouding waar jy besef dat jy besig is om verlief te raak en dit so lekker is dat jy voel dat die heelal maar kan stilstaan. Jy sukkel om die regte woorde te sê as jy in haar oë staar en al wat jy kan uitkry is: ‘Ek’s lief vir jou!’,” sê die Burgerd.
Die musiekvideo vir die liedjie is onlangs uitgereik en is beslis iets om te sien.
Kyk hier daarna:
Die liedjie, “Die Sterre”, is ook beskikbaar op Burgerd se debuut solo-album, Hartlagsiel. Kry die album aanlyn op iTunes (https://itunes.apple.com/us/album/hartlagsiel/1372598733?app=itunes&ign-mpt=uo%3D4) of Google Play Music (https://play.google.com/store/music/album/Burgerd_Botha_Hartlagsiel?id=Bhfyeuw63xyf2ypsg7vybi5ctzu) of Amazon (https://www.amazon.com/gp/product/B07C6X4BBN)


Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
