Local newsNews

VIDEO: Man vertel van mediese wonderwerk wat hom byna genees van Parkinsons

Diep Brein Stimulasie word gebruik om mense met Parkinson se siekte se lewens drasties te verbeter. Lees Pieter Early se verhaal hier.

’n Mediese “wonderwerk” het ’n inwoner in die noorde van Pretoria glo so te sê genees van Parkinson se siekte.

Pieter Early van Doornpoort sê hy is in 2012 gediagnoseer met dié siekte, maar het onlangs ’n lewensveranderende operasie ondergaan.

Sy toestand het met minstens 80 persent verbeter, vertel hy.

“Enige persoon wat met Parkinsons gediagnoseer word, sal vir jou sê dat dit soos ’n doodsvonnis voel,” verduidelik Early.

“Ek was vir 30 jaar onderwyser gewees, so dis in my natuur om als te ondersoek, en sodoende kom die Diep Brein Stimulasie (DBS)-behandeling oor my pad.”

Dr. Pieter Slabbert, ’n neurochirurg aan die Netcare hospitaal in Pretoria-Oos, het Pieter Early se saak ondersoek en besluit dat hierdie nie ’n geval is wat hy kan laat vaar nie.

En op 18 Mei 2018 het Early vir sy groot Diep Brein Stimulasie prosedure gegaan.

Diep Brein Stimulasie is ’n prosedure waarby drade in die brein geplant word, in baie spesifieke areas waar die abnormaliteit in die brein voorkom.

LEES OOK:

https://rekordnorth.co.za/72017/out-thinking-parkinsons-disease-gary-sharpes-story/

Hierdie drade, wat gekoppel is aan ’n ontvanger wat geplant is in die pasiënt se skouer-area, lewer fyn elektriese strome in die gedeelte van die brein waar die abnormaliteit geidentifiseer is. Hierdie elekriese strome word gestel om die simptome en effekte van Parkinsons en ander bewegingsafwykings te verminder.

Die drade wat lei na die brein word gekoppel aan klein batterye wat geplant word onder die pasiënt se vel, regonder die kraagbeen.

Die battery maak dit moontlik dat ’n klein hoeveelheid elektriese strome na die brein gevoer word, in ’n baie beheerbare metode om simptome te verminder.

Kyk gerus die video hier om te sien hoe DBS werk:

Diep Brein Stimulasie behandeling verwys na die stimulasie van die brein, maar in baie gevalle skakel die eletriese stroom sekere gedeeltes van die brein af, waar die probleem voorkom.

“Na ’n uitdagende en stresvolle vyf ure, het my operasie geëindig en ek kon binne twee dae weer begin loop.

“Natuurlik is daar aspekte van my lewe wat effens verander het. My handskrif is anders, en ek kan voel my linkerarm is nie meer so sterk soos voorheen nie.

“Wat hierdie toestel in my liggaam so doeltreffend maak, is dat hy 164 000 verskillende verstellings het wat die dokter eenkeer per maand moet verander sodat ons kan sien watter een pas die beste by my.”

Early verduidelik dat sy lewe heltemal verander het. Waar hy voorheen skaam en bang was om in die publiek te verskyn, juis omdat die effekte van Parkinsons so onvoorspelbaar was, kon hy dit nie eens waag om ’n glas vas te hou nie.

“Die dokter het my kort ná die operasie ondersoek, hy het van my gevra om ’n paar basiese bewegings uit te voer. En tot my en my vrou se verbasing, het hy gesê dat my toestand met 80 persent verbeter het.”

Pieter Early het na hierdie ervaring besluit om soveel ondersteuning as moontlik aan ander te bied wat deur dieselfde gaan. Hy het ’n bewusmakingsveldtog gestig met die naam The Early Foundation wat daarna strewe om geld in te samel en mense finansieël en emosioneel by te staan wat deur dieselfde gaan.

Indien jy graag wil betrokke raak, besoek gerus The Early Foundation se Facebook-blad hier:

https://www.facebook.com/TheEarlyFoundation/

Rudi Meyer en Stephen Buckle het saam met Pieter Early die DBS behandeling ontvang. Foto: Facebook

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button