SKOOL: Laerskool Wierdapark Hokkie-seisoen 2018
Afrigters en spelers het na vele wedstryde en oefensessies koning gekraai en het as wenners uit die stryd getree.
Na ’n harde seisoen en ure se oefening in soms koue winterweer was die volgende hokkiespanne van Laerskool Wierdapark ligawenners gedurende 2018: o.13B-seuns, o.11B-meisies, o.12B-meisies en o.12C-meisies.
Afrigters en spelers het na vele wedstryde en oefensessies koning gekraai en het as wenners uit die stryd getree.
Laerskool Wierdapark se eerste span seuns neem aan verskeie toernooie gedurende die jaar deel wat onder andere die Midstream toernooi, Elsie Coetser toernooi in Bloemfontein asook die Super 12-kompetisie insluit.
Na ’n harde en lonende seisoen eindig die eerste span seuns tweede in die liga.
Hulle was gedurende hulle o.12-jaar ook algehele ligawenners.
Die eerste span seuns word uitgenooi na die Noord-Vaal Kampioenskappe wat in Klerksdorp plaasvind.
Die kampioenskappe behels die top skole noord van die Vaal.
Wedstryde onder mekaar maak die kompetisie strawwer.
Laerskool Wierdapark se eerte span seuns behaal dan ook ’n sesde plek tydens de kampioenskappe.
Na ure se oefening en harde werk word die seuns beloon en sien ons met trots uit na wat 2019 mag lewer.

Middel: René Ackerman; Alex Jordan; Juf. Suné Bolt; Megan Muller; Kristin Venter
Agter: Isabella Lucus; Diané Nel; Zandri Nel; Cassidy Robson; Minke Kruger

Middel: Danika Malan; Janiké van Hoewelingen; Mnr Pietr Taute; Jessie Santon-Jones; Elise Wessels
Agter: Rosamarie Jansen van Vuuren; Marilizé Pienaar; Nadia Coetzee; Zaan-Marie Smeda; Ashley Etsebeth

Middel: Nelrie Kleynhans; Tanica van der Berg; Juf. Natasha Pereira; Clarissa Dreyer; Naomi Coetzer.
Agter: Mincke Verwey; Natasha Kruger; Carmen Wilson; Nicola Hands; Christie Naude.

Vlnr Voor: Cihan Kruger; Eckhardt Kriel; Robert Smit; Ruben de Jager; Ian Janse van Rensburg
Middel: Christian Ruytenberg; Jayden Niehaus; Juf. Isabel De’Ath; Edrich Mussmann; Luard Fouche
Agter: Divan Kühn; Migael Grobler; Dolfie Brits; Ryno Kilian; Jordan van Pletzen
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
