CrimeNewsUpdate

OPVOLG: Anika Smit saak uitgestel na April

Anika Smit is in 2010 in haar pa se huis gevind met haar keel afgesny, haar hande afgekap en verkrag.

Die saak van ’n tieniermeisie wat nege jaar gelede verkrag en vermoor is, is uitgestel tot April in die Pretoria-Noord Magistraatshof.

“Ons volgende hofdatum is 10 en 11 April 2019 vir verdere navraag,” sê senior staatsaanklaer advokaat Tania Carstens.

Anika Smit (17), ’n graad 11-leerling aan Hoërskool Gerrit Maritz, is in 2010 in haar pa se Theresapark-huis dood aangetref.

Haar keel was gesny en haar hande afgekap.

LEES OOK: UPDATE: Anika Smit murder ‘witness’ challenged in court

Niemand is aangekla vir haar moord nie.

Andre van Wyk was in September 2016 in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorhandig het.

Die aanklagte teen hom is egter teruggetrek, omdat geen bewyse gevind kon word om hom met die misdaad te verbind nie.

Die polisie kon nie genoeg getuienisse in die saak kry nie.

Smit het op die dag van haar dood nie skool toe gegaan nie weens ’n oorinfeksie.

’n Vriendin wie getuig het in die moordondersoek was deur ontstellende vrae gekonfronteer oor Anika se privaatlewe tydens kruisondervraging in ’n hofsitting in Augustus 2018.

Anika se pa, Johan, het verlede jaar ’n beroep gedoen op finansiële bystand.

Johan het op sosiale media gesê dat hy binnekort op pensioen gaan en nie verdere regskoste kan bekostig nie.

LEES OOK: OPVOLG: Anika Smit deel van ‘stout groepie’

Op die Facebook-bladsy ‘Anika Smit gone maar nie vergeet nie’, het Smit bevestig hy is in ’n “moeilike finansiële posisie”.

Hy het gevra dat ’n fondsinsameling gehou word, maar dat die geld nie direk aan hom betaal moet word nie.

“Ek wil beslis nie hê dat geld direk aan my betaal moet word nie. Dit moet na die regsadviseur of wie ookal gaan,” het hy destyds geskryf.

Hy was een van die belanghebbendes in ’n wettige ondersoek na die brutale moord – soos Anika se voormalige kêrel, Nico Venter, en Damian Treeby.

Haar ma, Charlotte Eksteen, het voorheen aan Rekord gesê dat dit “onmoontlik” was vir haar om afskeid te neem as gevolg van die onsekerheid.

LEES OOK: UPDATE: Murdered teen Anika Smit’s dad appeals for help

“Ek weet nie of hulle ooit die persoon wat verantwoordelik is vir haar dood sal vind nie, maar (ek) glo die ondersoek sal meer lig werp op die gebeure van daardie noodlottige dag,” het sy gesê.

Die geregtelike doodsondersoek het in 2014 begin.

Charlotte Eksteen, Anika se ma. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button