Kosmos bederf met kombers- en kosskenking
Weldoener kikker koue winter op vir minder bevoorregtes met barmhartige skenkings.
Minderbevoorregte inwoners van Kosmos Clean Center in Pretoria-Noord se harte klop weer warm die afgelope naweek nadat ’n plaaslike weldoener hulle met komberse, kos en nog meer bederf is.
Kosmos Clean Center is ’n nie-winsgewende veilige skuiling vir minderbevoorregte, terminale sieklike, fisies of verstandelike gestremde mense wat geen heenkome het nie.
Jaenette Jacobs, ’n Apprentice-finalis het op 7 Julie by Kosmos Clean Center gaan kuier waar sy vir meer as 60 inwoners met warm komberse en ’n warm ete bederf het.
LEES OOK: Sinoville-komberse vir die siel
Jacobs is ook ’n voormalige Mej. Gauteng-wenner.
“Ek het met die organisasie kontak gemaak toe hulle vir my sê hulle het ’n behoefte aan kos,” sê Jacobs.
Jacobs het haar vriende, familie en kennisse genader om verskeie items soos komberse, toiletware en kos bymekaar te maak om aan die inwoners van die organisasie te skenk.
Die radiostasie 90.6FM asook die Rotory Club van Vanderbijlpark het ook op die dag kom kuier en het nog meer skenkings oorhandig.
Met haar besoek aan die organisasie, het Jacobs die inwoners verder bederf deur ’n optrede deur Abrei band en Bernice te reël.
LEES OOK: Noord-leerlinge vat hande en skenk skoene
Sop en vetkoeke was op die middagete-spyskaart en is afgesluit op ’n soet noot met malvapoeding.
Na almal se mae vol is, is die komberse, toiletsakkies en kos uitgedeel.
Daar was ook ’n pastoor vroeër die oggend wat ’n spesiale diens vir die inwoners gehou het.
“Dit was wonderlik. Dit is my passie om my hart oop te maak aan mense wat behoeftig is. Ek beplan om hulle gereeld te help,” sê Jacobs.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
