NewsSchools

Nasionale Presidentsverkenners

Dié presidentsverkennertoekenning is ’n nasionale toekenning vir kulturele leierskap.

Graad 12 Hoërskool Eldoraigne leerlinge het onlangs die Voortrekkers se nasionale presidentsverkennertoekenning verwerf nadat hulle aan die vereistes van die presidentsverkennerproses voldoen het.

Dié proses sluit in die bywoning van ’n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ’n sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando sowel ’n vereiste aantal jare diens in die Voortrekkers.

Tweedens, sluit dit in die slaag van die nasionale presidentsverkenner teoretiese eksamen wat in Aprilmaand geskryf is.

Derdens, is daar die suksesvolle voltooiing van die nasionale presidentsverkenner afrondingskamp wat in Juliemaand gehou is.

Dié presidentsverkennertoekenning is ’n nasionale toekenning vir kulturele leierskap.

Leerlinge wat gedurende die afgelope Julie skoolvakansie die presidentsverkennertoekenning van die Voortrekkers verwerf het is Marné van Rooyen, Nika du Plessis en Stefan Oberholzer.

Die skool het hul hartlik gelukgewens.

Stefan Oberholzer
Nika du Plessis

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button