NewsSchools

Garsie Nuus 29 Julie 2019

Garsies behaal eerste plek tydens jaarlikse brugbou kompetisie

Die Hoërskool Garsfontein meisieskoor het tydens die nasionale finaal van die ATKV in Bloemfontein ’n goue-toekenning met ’n punt van 84.6% behaal.

Die koor word ook aangekondig as die tweede beste koor in die Afrikaanse meisieskoor meriete-afdeling.

Garsies behaal eerste plek tydens jaarlikse brugbou kompetisie

Die SA Instituut van Siviele Ingenieurs (SAISI) se jaarlikse brugbou kompetisie vir skoliere in Pretoria was op Saterdag 27 Julie 2019 gehou.

Die Garsies se brug het 17,1 kg gedra. Hulle behaal ’n 24/30 vir estetika. Garsfontein se brug weeg slegs 93g en dra dus 184 keer sy eie gewig. Dit plaas Garsfontein in die eerste plek uit 19 spanne!

Garsies speel skaak

Die Garsies o.19 skaakspan het Saterdag deelgeneem aan die Tshwane D4 finale uitspele by AFrikaans Hoër Meisies en het ’n bronsmedalje verwerf. Hulle kwalifiseer dus om aan die Gauteng toernooi deel te neem.

Garsie dogtershokkie

D1 en D16A het deelgeneem aan die Howell & Pullen Toernooi in Johannesburg. Hierdie toernooi is 13 jaar oud.

D1 verloor in die finaal om die silwer medalje te ontvang.

D16A wen die finaal en word bekroon met die goue medalje.

Baie geluk aan Charlene Jonsson (D16A) en Omari Pienaar Geyer (D1).

Garsies Seunshokkie 2019

Hoërskool Garsfontein se eerste seunshokkiespan wen die Noordvaal-toernooi vir die tweede jaar in ’n ry.

Hulle het in die finale rondte teen Maragon gespeel en ’n uitstekende oorwinning gehad van 4-0.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button