Twee toneelstukke (Die Avonture van Walter Wie en die Weggooikinders en Gewond) het onlangs skoonskip by die Eldotoneelfees by Hoërskool Eldoraigne gemaak.
Die twee groepe het 25 Julie opgetree en besonder goed presteer.
Elani Botha, Karli Snyman, Delia Cloete en Clara Janse van Rensburg het almal brons vir hul spel in Gewond ontvang. Carla Strauss het brons ontvang vir klank en Larisa Steele ook brons vir beligting ontvang. Die vehoogbestuurder, Anica Vos, het ook brons ontvang asook juffrou Leané Jordaan vir regie.
Die Avonture van Walter Wie en die Weggooikinders het ook uitstekend gevaar. Luan Jacobs en Johan Riekert het ’n brons sertifikaat ontvang vir die teks.
Juf. M. Parsons en juf. M. Van der Merwe het ook brons ontvang vir regie. Paul Strydom het brons ontvang vir spel en Zoë Muller silwer. Larissa Steele het silwer ontvang vir klank en Mauritz Ferreira silwer vir beligting. Die verhoogbestuurder, Danielle Booysen, het ’n goue sertifikaat ontvang.
Walter Wie is uit 28 toneelstukke gekies om Saterdag, 28 Julie, as deel van die top 6 produksies op te tree. Tydens die geleentheid is Zoë Muller ook aangewys as die beste aktrise van die week.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
