NewsSchools

Twee Eldo-leerlinge praat ‘n hond uit ‘n bos

Hoërskool Eldoraigne het tydens die Nasionale ATKV se finale ronde op 2 Augustus 2019 puik presteer.

Hoërskool Eldoraigne het tydens die Nasionale ATKV se finale ronde op 2 Augustus 2019 puik presteer.

Twee leerders, Jayden Berry (gr. 8) en Christiaan Roux (gr. 10), het hulle skool en provinsie teenwoordig in die finale ronde.

Beide leerders het ’n uitstekende dag gehad en het omtrent ’n storm losgepraat. In beide gevalle het die gehoor baie positief op hulle vertonings gereageer.

Christiaan Roux (Voorbereid).

Soms moes beide sprekers stop om die gehoor en beoordelaars kans te gee om klaar te lag. Dit was verseker hulle beste optredes die afgelope jaar.

Christiaan is by die prysuitdeling aangewys as die beste Taalgebruiker in die afdeling graad 10-12.

Jayden Berry (Voorbereid).

Die finale uitslae word binnekort op die ATKV-webtuiste geplaas en die skool hou duime vas dat beide Christiaan en Jayden onder die top-10 geëindig het.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button