VIDEOS: Ystervroue bemagtig ander deur nuwe FroueVonds-program
'Die program fokus daarop om die kettings van armoede onder meisies en vroue in Suid-Afrika te breek.'
Augustus is Vrouemaand en hierdie jaar het Solidariteit Helpende Hand goedgedink om meisies en vroue deur verskeie projekte te bemagtig.
“Vroue is die ruggraat van ons samelewing en die hart van die huis. Net soos die historiese Susanna Smit bereid was om kaalvoet oor die Drakensberge te trek, is dit nou die tyd om ons land se vroue by te staan,” sê René Roux, adjunk-uitvoerende hoof van kommunikasie by Solidariteit Helpende Hand.
FroueVonds is dus uit hierdie idee geskep.
ALSO READ: Verpleegkunde as beroep dalk in gevaar – Solidariteit
“Ja, jy het reg gelees,” vertel Roux.
“Ons spel dit FroueVonds, want alles loop nie altyd reg nie. Dit is ons slagspreuk vir hierdie merkwaardige fonds wat nog soveel lewens gaan verander.”
Dié fonds is amptelik Donderdagaand by die Moonshot Café in Pretoria tydens ’n glansgeleentheid bekendgestel.
Die fonds se twee ambassadeurs is Monique Steyn, talentvolle sangeres en sakevrou Elma McKenzie, wat die stigter van Placecol is.
“Ons wil vanaand aan almal wat hierdie program moontlik maak, hartlik bedank. As ons nie saamstaan om mekaar te help en by te staan nie, sou niks hiervan moontlik gewees het nie. Daar is meisies wat voorheen nie ’n kans op ’n loopbaan sou gehad het nie, en vanaand onthaal ons ’n groepie vroue (en paar manne) wat dit moontlik maak,” het Benette Rautenbach, projekorganiseerder van Helpende Hand aan die gehoor gesê.
Dewald Wasserfall is een van daardie manne wat kon wys hoe hy vroue waardeer.
Hy het sy jongste treffer, “So Sterk soos ’n Vrou”, beskikbaar gestel as temalied vir FroueVonds en het die lied gesing as huldeblyk vir al die sterk vroue wat die fonds ondersteun en daarby gaan baat.
“Die fonds is geskep vir meisies en jong vroue wat hulp nodig het op alle vlakke van hul lewensfase. Die fonds fokus daarop om hierdie vroue te bemagtig en te ondersteun met die nodige opleiding, kennis en produkte wat hul mag benodig om verligting te bring in hul lewens, asook om vir hul ’n pad te skep om uit armoede en ander situasies uit weg te breek. Ons poog om veral vroue wat al moed verloor het weer hoop te gee deur vir hulle ’n geleentheid deur oop gesprekke te bied oor kwessies soos selfvertroue, selfbeeld, mishandeling, verkragting, suksesvolle lewenskeuses, mamma-wees en nog talle ander,” verduidelik Roux.
Motiveringspreker, skrywer en entrepreneur Susan Coetzer het bietjie van haar lewe en ondervinding as vrou ook aan die gehoor verduidelik, terwyl sy die voordele van ‘Vitamien Gee’ uitgebeeld het.
ALSO READ: NEWSFLASH: Elderly couple attacked in the north
Coetzer het gepraat oor die ongeloofike gevoel van tevredenheid en vrede wat mens ervaar as jy daarna strewe om ander te help.
“Jy sal agterkom, hoe meer jy die lig op ander skyn, hoe meer van daardie lig is geneig om terug te val op jou, sonder dat jy daarvoor vra of dit agterkom,” sê sy.
Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) het ook pas die Susanna Smit Studiefonds gestig.
Met hierdie fonds wil Helpende Hand dit moontlik maak vir meisies om te gaan studeer asook studente help om hul grade te voltooi wanneer daar onvoorsiene finansiële omstandighede opduik.
Indien jy by die FroueVonds wil betrokke raak, of net meer inligting wil hê, besoek gerus www.helpendehand.co.za.
Kyk die video oor die doelwitte van die FroueVonds:
Elma McKenzie praat oor FroueVonds:


















Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
