
’n Skool van die weste van Pretoria vier hierdie week hulle 60e verjaarsdag – en hulle hou groot makietie.
Laerskool Saamspan in Mountain View is in 1959 gestig as Mountain View Tweede Laerskool.
Die skool het ses dae toegewy om die ses dekades te vier, vertel organiseerder Corlia Nel.
“Die feesvieringe het elke dag om 12:30 van Maandag tot Donderdag by die skool afgeskop,” sê sy.
“Vrydag hou die skool kermis en Saterdag word daar ’n reünie gehou.”
Sy sê op al hierdie dae is 60 duiwe vrygelaat voordat verrigtinge formeel begin het.
Die feesvieringe het Maandag afgeskop met leerders wat ’n brief in hulle afsonderlike klasse geskryf het.
Hierdie briefies was toe in ’n tydkapsule geplaas.
Dinsdag het leerders ’n nommer 60 op die rugbyveld gevorm waar ’n hommeltuig ’n lugfoto geneem het. ’n Muntlegging was ook gehou.
Leerders is gevra om Woensdag donasies vir Wollies skool toe gebring.
Alle skenkings is toe in die vorm van ’n been op die rugbyveld uitgepak voordat dit aan die organisasie oorhandig is.
Vrydag het leerders die geleentheid gekry om boodskappe op voorafgerolde papier op die veld te skryf. ’n Koek met kerse is ook aangesteek.
Rekord het Woensdag die verrigtinge by gewoon.
“Ons is vreeslik dankbaar vir ál hierdie skenkings wat ons ontvang het,” sê Angelique Stemmet van Wollies.
“Elke bietjie help want die honde alleen eet omtrent daagliks vyf munisipale dromme gevul met kos op en die katte twee.”
Sy sê daar is huidiglik 670 honde, 400 katte, drie donkies en hase by die diereskuiling.
Buiten vir dit, voorsien Wollies ook minderbevoorregte gesinne in die omgewing met troeteldierkos.
Die skuiling is uitsluitlik afhanklik van donasies van die gemeenskap en organisasies, aangesien dit geen geld van die regering ontvang nie.
Toe die skool 60 jaar gelede oopgemaak is, is NJ Niehaus as waarnemende skoolhoof aangestel met slegs 13 personeellede.
Die skool is toe op 14 Januarie amptelik geopen met 559 leerlinge.
In 1960 het die skool sy skooljaar begin met die eerste permanente hoof.
Vanaf 1961 het die skool se naam amptelik bekend gestaan as Laerskool Saamspan en op 31 Augustus daardie selfde jaar het die skool ’n interkomstelsel gekry.
In 1969 het die oorskakeling by die skool plaasgevind van klassikale onderrig na vakonderrig.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
