NewsSchools

Laerskool Wierdapark is vol sports

Drie spanne van Laerskool Wierdapark het verlede maand aan die Gauteng Skole by die GN Pluimbalsaal deelgeneem.

Drie spanne van Laerskool Wierdapark het verlede maand aan die Gauteng Skole by die GN Pluimbalsaal deelgeneem.

Twee o.13-meisiesspanne en ’n o.9-span het deelgeneem. Die o.9’s het goud in die gemengde afdeling verwerf.

Hokkie bokkies

Welgedaan aan die hokkie tweede span wat hierdie jaar as ligawenners die seisoen afsluit. Tydens die liga het hulle nie een wedstryd verloor nie en het gesorg dat nie ’n enkele doel teen hulle aangeteken kon word nie.

Hulle het ook derde gekom by die Elsie Coetzer-hokkietoernooi in Junie.

Die o.10-span het tydens die seisoen 17 doele aangeteken en slegs 1 doel afgestaan en eindig as die wenners in die A-bond.

Junior revue: SA Kampioene en wen Kaleidoskoop!

Wierdapark se junior revue het twee eerste plekke in twee van die land se grootste revue kompetisies behaal.

Op 30 Augustus wen hulle die Kaleidoskoop Revuekompetisie se ervare afdeling waarvan agt ander junior revuegroepe ook deelgeneem het

Hulle behaal ’n 92.7%.

Op 31 Augustus wen hulle ook die SA-kampioenskappe met 88.2 % en stof 12 ander junior revuegroepe uit.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button