Nicole Basson in graad 11 in Hoërskool Eduplex het die afgelope week aan die Nasionale Redenaarskompetisie van Podiumpret in die Paarl deelgeneem. Sy tree uit as algehele graadwenner vir die leesafdeling van die kompetisie waar sy aanbeveel word vir voorlesing op radio.
Sy is ook graadwenner van die Engelse- en tweetalige redenaars. Tydens ’n gala-dinee is sy slegs een van drie leerlinge (wat uit verskillende provinsies kom) wat vereer word vir haar bydrae tot die
Afrikaanse taal met die toekenning van solovlugstatus. Met hierdie toekenning is sy vereer vir haar volgehoue en hoogstaande bydrae tot kultuur en die Afrikaanse taal. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van redenaarskompetisies in Suid-Afrika waar deelnemers sodanige erkenning ontvang.
Deelname en prestasies in lees- en sprekerevarings aan verskeie plaaslike en nasionale kompetisies is in aanmerking geneem met die toekenning van die prys.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
