Jong kitaargenie van die noorde bereik nuwe hoogtes
“Duan het reeds op vyfjarige ouderdom begin om die kitaar te tokkel. Hy is uiters talentvol en stel net in ’n loopbaan in musiek belang."
’n Jong kultuur boffin van Montana Park in die noorde van Pretoria, spog met vele talente en is onlangs aangewys as die algehele wenner in die Klassieke Kitaarafdeling van die Pretoria Eisteddfod.
Duan Denner is 16 jaar oud en ontvang tans tuisonderrig by sy ma, Rienie Denner.
Op Woensdag 4 September 2019 tydens ’n galageleentheid het Duan ook die prys vir die beste senior kitaarspeler ontvang en met twee pragtrofeë weggestap.
“Duan het reeds op vyfjarige ouderdom begin om die kitaar te tokkel. Hy is uiters talentvol en stel net in ’n loopbaan in musiek belang. Hy geniet sy onderrig, maar in sy spaartyd plaas hy net sy aandag op musiek, skaak en hy geniet ook om ’n bietjie gholf saam met vriende te speel,” verduidelik Rienie.
Duan is ook ongeveer ses jaar gelede as die o.10 skaak kampioen van Suid-Afrika in sy ouderdomsgroep aangewys.
“Ons is vreeslik trots op hom,” sê Rienie.
READ MORE: VIDEO: North musician’s notes of determination
Hy het vir al sy stukke A+ en A++ simbole behaal. Hy het ook sewe goue medaljes vir die uitvoering van sy kitaarstukke in die A-Arts Artisticulta-kompetisie ontvang. Dié kompetisie onder die vaandel van die Arts Organisation of South Africa is vanjaar op Saterdag, 17 Augustus gehou.
Vandag speel hy klassieke stukke van Vivaldi en Tárrega met oorgawe en gemak. Hy spog reeds met ’n Graad 8-sertifikaat in Klassieke Kitaar. Dié kitaargenie het ’n uitgebreide kennis van musiekteorie. Vra mens hom oor sy liefde vir komposisie- en transponeerwerk, kom mens agter dis sommer kinderspeletjies vir hom. Benewens klassieke kitaar, speel Duan klavier, elektriese kitaar en akoestiese kitaar.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
