Hoërskool Centurion het vanjaar ’n fantastiese kriekettoernooi beleef. Centurion het saam met Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Menlopark die Noord-Suid T20-kriekettoernooi aangebied.
In die openingswedstryd het hulle teen Rondebosch Boys High op The Pretoria High School Old Boys Club (PHSOB) se velde gespeel. Centurion het eerste gekolf en het 146 lopies aangeteken. Rondebosch se telling het op 106/1 na 11 boulbeurte gestaan teen die Woeries.
Centurion het nooit daarna die voet van die rem afgehaal nie en het Rondebosch vir ’n skamele 125 lopies almal terug in die kleedkamer gestuur.
In hul tweede wedstryd het hulle teen Rustenburg eerste geboul en vir Rustenburg beperk tot 131 vir ses paaltjies plat.
Centurion het gekolf en het slegs twee paaltjies plus ’n bonuspunt uitgehaal.
Tydens die derde groepwedstryd teen Grey College het Centurion weer eerste geboul en vir Grey College beperk tot 147 vir 9 paaltjies.
Centurion het die teiken gejaag en in 17 beurte met ses paaltjies.
Woeries se eerste krieketspan het teen St Andrews, Bloemfontein, in die kwarteind gespeel en met ses paaltjies gewen. Centurion het St Andrews tot 177 vir ses beperk.
In die semi-finaal het Centurion eerste geboul en vir Northwood van KwaZulu-Natal vir 129 uitgeboul.
Centurion het onlangs in die Noord-Suid T20 finaal teen Menlopark te staan gekom. Centurion het hulle tot 149 vir 7 beperk na hul 20 beurte. Jonathan Vorster het syfers van 2/21 in sy vier boulbeurte gespog en is as beste bouler tydens die finaal aangewys.
Ryan Salomon van Centurion het die hoogste telling van 48 aangeteken. Charl van den Heever met 37 van 25 balle en Nathan Fox se 25 van nege balle het die wedstryd afgehandel.
Centurion het die bordjies van 2018 verhang en is as wenners van die tweede Noord-Suid T20 gekroon.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
