Local newsNews

Duifies vier 60 jaar saam

‘Ek sou sê dat dit baie belangrik is om sorgvuldig deur probleme te werk.’

’n Liefdevolle paartjie van Lyttelton in Centurion, met ’n onsettende voorliefde vir Suid-Afrikaanse kultuur en ’n kleurvolle, internasionale agtergrond, het Donderdag 60 jaar van getroude liefde gevier.

Anton (88) en Adriana (87) Delen se liefdesverhaal het in 1959 begin.

Adriana, gebore op 18 Junie 1932, was een van vyf kinders, wie se ouers ’n nuwe begin gesoek het na die Tweede Wêreldoorlog.

Op 24 April 1951 het hulle verhuis van Nederland na onbekende Suider-Afrika.

ALSO READ: David Bowie Barbie dressed as Ziggy Stardust in honour of 50th Anniversary of smash hit Space Oddity

Anton, gebore 21 Januarie 1931 is ’n gebore Pretorianer. Hy het grootgeword in Gezina saam met twee broers, en onthou die jare van ’n ongekompliseerde, veilige en eenvoudige lewe in Pretoria van kaalvoet loop en in die strate speel.

“Met die eerste oogopslag wat ek Adriana gesien het, het ek geweet ek gaan met haar trou, die koeël was deur die kerk, so te sê,” verduidelik Anton laggend.

Die paartjie het ontmoet toe Anton aan Adriana voorgestel is deur haar oom, toe dié klomp die nuwe Nederlanders in die buurt wou leer ken.

“Ons het eers oud begin vry,” sê Adriana vriendelik.

ALSO READ: Tshwane celebrates Es’kia Mphahlele’s 100th anniversary

“Ons was albei al in ons 20’s. In daai jare was dit al oud. Ons is op 10 Oktober 1959 getroud en ons avonture het dadelik begin,”verduidelik sy.

Anton spog met ’n suksesvolle loopbaan in die meganiese ingeneurswese, waar hy vir jare vir Krygkor gewerk het.

“Ek het vreeslike gespesialiseerde werk gedoen in daardie jare.

“Interne ballistiese drukmeting is wat mens dit genoem het, ek kan onthou dat ek spesifiek gewerk het op die kanonskietprosesse. Ek moes alles bevraagteken, as iets verkeerd geloop het, moes ek uitwerk hoekom en hoe om die proses te verbeter.”

Adriana was huisvrou en het hul drie kinders grootgemaak, gehelp met huiswerk en om hul huishouding te bestuur.

ALSO READ: 6th anniversary of Reeva’s Steenkamp’s death

Eers toe hul kinders hoërskool toe gaan, het sy ’n tydelike werk gekry wat haar taalvermoëns getoets het. Dit was altans wat haar gelukkig gemaak het.

“Tot vandag toe kan ek nog vlot Nederlands praat. Ek moes baie vertaalwerk doen, en het ek nog Duits, Frans en natuurlik Engels ook bestudeer,” verduidelik sy.

“Dit was baie lekker vir my, ons kom uit ’n familie waar taal en musiek baie belangrik is.”

Die paartjie het familie in Pretoria maar ook heelwat oorsee. Adriana se een broer is woonagtig in Pretoria, terwyl haar suster en haar familie terug is Nederland toe.

ALSO READ: NASA to celebrate 50th anniversary of Apollo 11 moon mission with live TV broadcast

Die paartjie se seun en sy gesin het nesgeskop in Switserland, en hulle kan nie uitgepraat raak oor hoe mooi die Alpe en natuurlandskap daar is nie.

“Ek sou sê, behalwe vir die lewe wat ons saamgebou het, was dit verseker een van die hoogtepunte in ons lewe saam,” sê Anton.

“Sestig jaar is ’n geruime tyd om saam met een persoon deur te bring.”

Maar die Delen-duifies sê klippe kou en harde werk is deel van ’n suksesvolle lewe saam, en dat niks onmoontlik is met God se genade nie.

ALSO READ: Centurion pastor, singer shares message of love

“Ek sou sê dat dit baie bekangrik is om sorgvuldig deur probleme te werk. Los dit op. Dan maak dit natuurlik nie seer om jou vroutjie elke oggend met ’n koppie tee in die bed te bederf nie,” verduidelik Anton.

Die paartjie gaan Sondag met hul kinders, familie en vriende ’n heerlike huweliksherdenkingfeesviering hê, en sien uit om hul gelukkige dag met almal te deel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button