NewsSchools

Centurion Kunstefees se gala-aand het onlangs by Laerskool Wierdapark plaasgevind

Leerlinge spog met hul prestasies.

Die gr.1 en gr.2 spreekkoor het die wisseltrofee ontvang en as die algehele wenner van Laerskool Spreekkore uitgetree.

Tydens die deelname in Augustus aan Centurion se kunswedstryd het hulle ’n dubbel goud ontvang en is aangewys as die kategorie-wenners.

Theana Olivier (gr.2) het ’n toekenning ontvang as algehele wenner in die poësie meisie-afdeling vir gr.1 en gr.2. Olivier het ’n Afrikaans en Engelse drama gedoen, sowel as Beeldende Kunste. Haar prestasies sluit in as kategoriewenner in vier afdelings, A++ in vier afdelings en A+ in ‘n verdere twee afdelings.

Jade Alexander (gr.5) ontvang ’n toekenning as afdelingswenner in die Vokaalafdeling vir laerskole.

Rian Knoesen (gr.5) ontvang ook twee toekennings. Een as algehele wenner van die Gedramatiseerde Poësie afdeling vir Laerskole en algehele wenner vir die Poësie seunsafdeling vir gr.5 en gr.6 seuns.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button