ToekomsVonk vier tweede bestaansjaar
“Ons doel is nie om die wil te herontwerp nie maar om hande te vat met ander organisasies om te konsep van maatskaplike werk onder die Afrikaanse volk te verbeter.”
Die burgerregte-organisasie ToekomsVonk het verlede week sy tweede bestaansjaar by die Voortrekkermonument gevier.
Hierdie mylpaal is tydens ’n funksie by die monument se Afrikaanse Liedjietuin laas week Donderdag gevier.
Gestig in 2017, die hoofdoel van die organisasie is maatskaplikheid.
“ToekomsVonk wil graag mense weer menswaardigheid wil gee,” vertel besturende direkteur Helga Swart.
“Ons wil graag die inwoners van minderbevoorregte nedersettings die geleentheid gee om op te kan staan, ’n inkomste te kan verdien en sodoende hul selfwaardering te kan terugkry.”
Swart het vertel hoe sy en die ander direkteure, insluitende Englie Botha, Amor Gerber en Steve Hofmeyr, deur God op ’n pad gesit is om vir mense weer hoop te gee.
“Ons wil die vonk wees wat mense weer geloof gee in hulself en hul toekoms,” vertel sy.
“Ons doel is nie om die wiel te herontwerp nie maar om hande te vat met ander organisasies om te konsep van maatskaplike werk te verbeter.”
Hofmeyr het ToekomsVonk se vinnige groei uitgewys tydens sy toespraak.
“Om deel te wees van ToekomsVonk beteken nie jy hoef jou organisasie of politieke party te verlaat nie,” vertel hy.
“Ons het hande gevat met alle groepe om te wys dat ons bymekaar kan staan.”
LEES MEER: Centurion kerk hou makietie ten bate van Cansa
Maatskaplike, sosiale en kultuur ontwikkelingsdirekteur Englie Botha het vertel dat ToekomsVonk graag deur die loop van die jaar die inwoners van minderbevoorregte nedersettings wil help.
“Ons voel baie organisasies daar buite help slegs oor feestye soos Kersfees en ons vraag is: wat moet hierdie mense doen vir die res van die jaar?”
“Ons sit al met derde-geslag families wat in hierdie nedersettings woon – hul ken niks anders nie.
“Dit is skrikwekkend hoe baie van hierdie mense agter in iemand se tuin in ’n tent woon of selfs op skoolterreine bly net sodat hul kinders skool toe kan gaan.”
ToekomsVonk se hoofkantoor is in Pretoria maar die organisasie het vrywilligers van Bloemfontein, Kimberley, Newcastle en Krugersdorp.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
