Kolskoot vir Hoërskool Eldoraigne leerder
Jacques Horn, gr.10 leerder van Hoërskool Eldoraigne is onlangs verkies tot die 2019 South-African Mounted Archery nasionale span.
Jacques Horn, gr.10 leerder van Hoërskool Eldoraigne is onlangs verkies tot die 2019 South-African Mounted Archery nasionale span. Horn is een van drie junior spanne, en dit is die derde agtereenvolgende jaar wat hy nasionale kleure in die sport kry.
Nasionale (Protea) kleure word toegeken as die SA-span teen ’n ander land se nasionale span internasionaal deelneem, in ’n kompetisie wat goedgekeur is deur South-African Sports Confederation and Olympic Committee (Sascoc). Horn sal vroeg volgende jaar in Frankryk deelneem in die groen en goud.
Horn het vir die nasionale span gekwalifiseer met ’n gemiddeld van Horse Archer 2 vlak en drie verskillende kompetisies – twee kwalifiseerders en nasionaal.
Hy het Gauteng Equestrian Federation kleure ontvang na provinsiale, en het vir Gauteng by die nasionale deelgeneem. Horn presteer huidig op ’n Horse Archer derde vlak.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
