Liané Smit, ’n leerling van Laerskool Constantiapark, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskappe deelgeneem.
Dié leerling het ’n goue medalje ontvang vir ’n tyd van 9.58 minute oor ’n afstand van drie kilometer.
Liané het vir die derde agtereenvolgende jaar dié titel agter haar naam geskryf.
Ntombi Gumede (sentraal Gauteng atleet) was tweede met ’n tyd van 10 minute en Mpumalanga se Lika Olivier het die bronsmedalje verower.
Vanjaar se kampioenskappe het by Hoërskool Uitsig in Centurion plaasgevind.
Smit het in 2014 met haar eerste Massa-landloopkompetisie begin en het tweede geëindig.
Smit mik om op 15 deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat aan wêreldkampioenskappe deelneem in landloop en die 3 000-meter.
Sy blink ook uit op akademiese vlak en speel graag kitaar
