Hoërskool Eldoraigne skryf elke jaar gemiddeld 50 leerders van graad 8–12 in om deel te neem aan die Nasionale Wiskunde Olimpiade.
Die skool is sterk in wiskunde met geen druipelinge in matriek nie.
Met die 2019 Wiskunde Olimpiade behaal die skool ’n algehele derde plek in Gauteng.
Elnette van den Berg en Francois Schutte, albei in graad 9, ontvang elk ’n toekenning vir die top drie junior leerders in Gauteng.
Zander Hanekom (gr. 12) behaal ’n toekenning vir die top drie senior leerders. Hanekom voltooi matriek met agt onderskeidings en studeer vanjaar aktuariële wetenskap by die Universiteit van Pretoria.






Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
