NewsSchools

Hoërskool Zwartkop 2019 matriekklas top in die Centurion-distrik

Die skool se leerders het veral in dramatiese kunste, meganiese tegnologie en siviele tegnologie uitgeblink. Onderwysers Pieter Alberts, Christian Edeling, Jacques du Toit en Vernon Rowles is vir die prestasies vereer.

Hoërskool Zwartkop se matriekklas van 2019 is as die top-akademiese skool in die Centurion-distrik aangewys.

Altesaam 301 Zwarries-matriekleerders het die eindeksamen in Desember afgelê.

Dié blou-en-rooi-skool het ook die toekenning vir die nommer-een skool in die vak Alpha Wiskunde ontvang.

“Die 2019-groep het ons met uitmuntende prestasies verras. Die dwarslat word beslis hooggestel by die Hoërskool Zwartkop om gestand aan ons leuse, ‘Ons kweek wenners’ te doen,” sê skoolhoof dr. Dewald Strydom.

Nóg ’n sertifikaat spog in Zwarries se voorportaal met dié dat die skool as een van die land se top-20 skole vir wiskunde aangewys is.

Die skool se leerders het veral in dramatiese kunste, meganiese tegnologie en siviele tegnologie uitgeblink. Onderwysers Pieter Alberts, Christian Edeling, Jacques du Toit en Vernon Rowles is vir die prestasies vereer.

Alienke Boot word as die dux-leerder met ’n gemiddeld van 95% aangewys. Sy slaag met agt onderskeidings en ’n slaagsyfer van 100% vir fisiese wetenskap is op haar rapport aangeteken.

Sy is ook na die verhoog tydens die Burgermeester-prysuitdelingfunksie geroep om ’n toekenning as een van Tshwane se toppresteerders te ontvang.

Nóg ’n Zwarrie, Elianna de Clerq, het die toekenning as konsertmeester van die Simfonia Juventi-orkes, waarvan sy al die afgelope vyf jaar lid is, in haar sak gesteek.

Hoërskool Zwartkop het ook in 2018 met die toekenning as Centurion se top-akademiese skool weggestap.

“Die personeel en leerders is gefokus en werk reeds hard om bogenoemde prestasies te herhaal of te verbeter in 2020,” voeg Strydom by.

Die skool spog met ’n totaal van 405 onderskeidings en beklee die sesde posisie op die top-10 akademiese ranglys in Gauteng.

Nóg prestasies

– Daniëlle van Zyl – nege onderskeidings met ’n gemiddeld van 93%

– Francois du Plessis, Tiaan Joubert, Danica Strydom en Catherine Moore het almal agt onderskeidings behaal.

 

Graadhoof van Zwarries Petro Richardson en akademiese hoof, Gerhard Nell.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button