Die Hoërskool Menlopark neem afskeid van ’n geliefde Engelse onderwyseres.
Lauren Schulze-Hulbe het ’n verskil gemaak waar sy oral gegaan het en het volgens die skool “verskillende mense se lewens deur die jare aangeraak”.
Schulze-Hulbe het in 1981 by Menlopark aangesluit en het vir die afgelope 39 jaar Engels aangebied by die skool.
Sy het selfs vir baie van vandag se leerders se ouers klasgegee.
“Dit is die grootste voorreg om te weet dat ek twee generasies kon ontmoet en kon klasgee,” sê sy.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
