Sluit aan by Francois van Coke vir ‘n intieme vertoning en stories aand
Gedurende die vertoning sal Francois sy gehoor vermaak met die agtergrond-stories van sy tydlose treffers,

Sluit aan by Francois van Coke vir ‘n intieme vertoning van akoestiese verwerkings van sy bekendste liedjies, vergesel met die stories oor hoe hierdie ‘tunes’ lewe gekry het.
Francois en Tasché sal deur kitaarspelers, Jedd Kossew en Richard Onraet, begelei word terwyl hulle die ‘tunes’ opvoer wat Francois beroemd gemaak het in sy 17-jaar loopbaan as voorsanger van Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en as bekroonde solo kunstenaar.
Gedurende die vertoning sal Francois sy gehoor vermaak met die agtergrond-stories van tydlose treffers soos “Toe vind ek jou”, “Komma”, “Ek skyn (heilig)” en “Tot die son uitkom”. Francois sal ook die storie van sy en Tasché se sege op The Voice SA deel.
Tasché gaan nie net by Francois op die verhoog aansluit nie, maar ook van haar oorspronklike liedjies opvoer, asook van die “covers” wat haar gehelp het om die The Voice SA Seisoen 3 titel huistoe te neem. Tasché sal ook meer deel oor haar mal musikale avontuur tot op hede.
“Oor die afgelope sewentien jaar was daar vele toerbusse en vliegtuie, lang ure op die pad na êrens, laat-aand parties op nog meer laat-aand parties, baie vroeë oggende, eindlose-slapelose-nagte, baie bekende en ook onbekende gesigte, ou en nuwe vriendskappe, baie liefde en baie, baie musiek wat op klomp verskillende plekke geskryf is.
Die mense wat daar was se herinneringe van die stories agter die tunes mag dalk van myne verskil. Maar wie sal ooit weet wie se weergawes korrek is.
Die details raak baie vinnig baie blurry… maar ‘dis wat ek onthou,’ sê Francois van Coke.
Plek: Loftus Park
Tyd: 15:00, deure maak 13:00 oop
Koop jou kaartjies vandag by iTickets
