Local newsNews

Moot-inwoners bring verligting vir droogte-geteisterde gebiede

"Dié gebied het agt jaar laas 'n ordentelike reënbui gehad. 'n Paar druppels gaan egter nie ’n dag se verskil aan die droogte in die area maak nie."

Twee Moot-inwoners, Lydia Veldsman, die dryfveer agter die droogtehulpprojek, en haar man, Frik, is oppad na ’n klein dorpie in die Noord-Kaap, Sutherland om ’n vrag kos, klere en veevoer vir die boere in hierdie omgewing af te lewer. Volgens Lydia het die droogte sy tol in hierdie gebied geëis.

“Dié gebied het agt jaar laas ’n ordentelike reënbui gehad. ’n Paar druppels gaan egter nie ’n dag se verskil aan die droogte in die area maak nie,” sê Lydia.

Die plaaslike boere het ’n blad op sosiale media, Save the Sheep geskep waar hulle koekies asook ander items soos gehekelde skapies, koffiebekers, ens. verkoop om verligting in die area te bring.

“Daar is ook ’n reeks pragtige kerskoekies nou beskikbaar.

Die kerskoekies is terselfdertyd versiering vir ’n Kersboom. Dié produkte kan na enige plek in die land gestuur word. Aangesien dit nog baie droog in die grootste gebied van die Noord-Kaap is, is daar ook ’n nuwe projek om klere, poppe, speelgoed en materiaal in te samel.

“Die droogte het ’n groot impak wat inkomste betref,” sê Lydia.

Die droogtehulpprojek het ’n kuberkonsert, ten bate van die droogte-geteisterde gebied in die Karoo, gehou. “Dit was ’n reusesukses.”

LEES OOK: Pensioner cooks for Nellmapius community

Hoërskool Oos-Moot se ligte musiek-orkes, onder leiding van Danie Smith, asook drie van sy topleerlinge was deel van die konsert. Ook plaaslike talent in die Moot-area, Renaldo, Katja Sokolova met haar tjello van Pretoria Boys High, Lukie-Marié met haar viool, Isabelle van Rensburg op die kerkorrel, om maar net ’n paar te noem, het aan die fondsinsamelingsprojek deelgeneem.

“Die fondse wat tydens die kuberkonsert ingesamel is, is reeds aan Transvaal Landbou Unie Suid-Afrika (TLUSA) oorbetaal. Hulle het wéér goedgunstiglik die bedrag verdubbel.

Die fondse wat ingesamel is, was aangewend om bestanddele vir die koekiebakprojek aan te skaf.”

Die vorige kere is die fondse aangewend om hulp te verleen aan boere in sekere dorpies in die vorm van geskenkbewyse sodat hulle self hul eie noodsaaklike kruideniersware by plaaslike handelaars kon gaan koop.

Lydia Veldman en Marietha Louw met Save the Sheep-koekies-projek.

In Sutherland sal die goedere wat ingesamel is, verdeel word en na verskillende gebiede soos benodig, uitgestuur word. “Nóg bydraes vir hierdie klereprojek word dringend benodig binne die volgende week ter wille van ons beplanning. Enige nie-bederfbare voedsel is ook meer as welkom.

“’n Volgende opwindende fase van ons projek, is die skenking van ’n hoeveelheid veevoer uit die Ventersdorp-omgewing. Die boere in Vanwyksvlei-omgewing voer ’n stryd om hul verkleinde kuddes aan die lewe te hou.

“Ons wil eerstens dankie aan ons hemelse Vader vir sy seën sê. Daar is ook soveel gebede en ondersteuning van regoor Suid-Afrika,” sê Lydia.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button